Helderberg Crime Watch, Pro-Active Patrols
Compliments Komplimente

Ek wil graag namens myself, die bestuur, die Inwoners en veral die nagpersoneel baie baie dankie se dat julle so vinnig gereageer het op Saterdag 14 April toe die nagpersoneel vir u geskakel het, dat hulle iemand by die huis gewaar het.

Dit is maar vir hulle moeilik so snags alleen terwyl alle inwoners slaap. Die verantwoordelikheid is groot.

Baie dank ,ek waardeer dit opreg.

J Meyer
Ward 3

I would like to thank the Helderberg Crime Watch for their excellent service and assistance in reducing crime in the areas they operate in. They are always willing to do extra patrols past your house should you request them, and the presence of their patrol cars is most definitely a deterrent to would be criminals.

Membership is most affordable, particularly as it reduces household insurance premiums, and I urge people to join and to enjoy the benefits of a safer neighbourhood through the efforts of others. Membership also gives you the added benefit of a direct number to phone, much like the old idea of the bobby on the beat.

Thank you to all the staff for your efforts.

Kay Daneel
Ward 2

I just want to say another big thank you to the officers on duty on Monday 22nd January who came to my assistance when my cellphone was stolen. I am very aware that if it wasn't for the quick response from Helderberg Crime Watch
I would not be so lucky as to have got my phone back! It is the first time I've required help and it is very reassuring to know that your service is so efficient.

Thanks again to all for their help and patience.

Frances Hosking
Ward 1

 

Wat is Helderberg Crime Watch?

Helderberg Community Policing is 'n geregistreerde Artikel 21 Maatskappy (d.w.s. wat sonder winsbejag opereer) wat as "Helderberg Crime Watch" (HCW) bekend staan. HCW se enigste doel is om, deur middel van die publiek se maandelikse bydraes, pro-aktiewe patrollies aan deelnemende wyke te lewer om misdaad te bekamp en sodoende ons strate en woonbuurte veiliger te maak.

HCW het ADT gekontrakteer om patrollievoertuie sowel as patrolliebeamptes te verskaf wat onder die 'Helderberg Crime Watch' vaandel bedryf word. Hierdie HCW patrollievoertuie verskil van die gewone ADT alarm-reaksievoertuie in dié sin dat ADT voertuie nie pro-aktiewe patrollering doen nie. Deur hierdie verbintenis met ADT geniet HCW die voordeel van ADT se gesofistikeerde patrolliebestuursinfrastruktuur wat 'n wêreldklas kontrolesentrum en satelliet opsporing van patrollievoertuie, daarstel.

  Watter soort diens lewer HCW in die wyke wat deelneem? Hoekom het u HCW sowel as gewapende reaksie nodig?
  'n Toegekende 24-uur, 7-dae-per-week pro-aktiewe patrolliediens deur opgeleide beamptes met ondervinding in die rondbeweeg met voertuie wat konstant op die uitkyk is vir verdagte persone en aktiwiteite. Hierdie voertuie verlaat nie die toegewysde wyke nie behalwe wanneer hul skofte ruil.

Die patrollievoertuig beskik oor 'n selfoon en dié nommer word slegs aan HCW bydraers verstrek. Bydraers kan die patrollievoertuig in geval van nood skakel of hul teenwoordigheid aanvra wanneer hulle in die aand laat tuiskom of selfs wanneer hulle enigiets wat verdag voorkom, wil aanmeld. Reaksietyd behoort binne minute te wees behalwe wanneer die voertuig met 'n ander uitroep besig is.

HCW lede wat met vakansie gaan of met besigheid uitstedig is, kan reël dat die patrollievoertuig hulle woning op 'n gereelde basis besoek gedurende afwesigheid.

  'n Gewapende reaksie maatskappy patrolleer nie 'n gebied nie, maar reageer slegs op krisis-situasies wanneer 'n alarm of paniek-noodsein afgaan. Persone wat slegs gewapende reaksie het, kan nie direk enige gewapende reaksie voertuig kontak nie.

HCW verskaf egter pro-aktiewe patrollievoertuie wat direk deur sy bydraers gekontak kan word. Die patrollie is op die uitkyk vir potensiële moeilikheidmakers voordat hulle toeslaan. Bydraers word versoek om enige verdagtes direk aan die patrollievoertuie te rapporteer, wat sodoende die doeltreffendheid van die patrollie aansienlik verhoog.

Wat kos dit om lid van HCW te wees?
Die koste per huishouding is tans R85 per maand (BTW ingesluit), betaalbaar deur middel van 'n maandelikse debietorder. Kontant vooruitbetaling vir 12 maande word ook aanvaar. Bydraers kan, deur twee maande skriftelik kennis te gee, die ooreenkoms kanselleer.

Inwoners van woonkomplekse, woonstelle, ens. kan 'n verminderde maandelikse bedrag betaal wat met HCW Bestuur onderhandel moet word. In die geval van omheinde komplekse moet patrollies toegang tot die gebiede kry. Skole, kerke, besighede en hospitale betaal volgens die grootte van die perseel, en weereens moet met die HCW Bestuur hieroor onderhandel word.

Baie HCW bydraers geniet 'n verminderde premie op hulle huishoudelike versekering omdat hulle 'n HCW lid is. Hierdie voordeel moet met die betrokke versekeringsmaatskappy of makelaar onderhandel word.

HCW bydraers wat reeds ADT kliënte is, kan vir 'n verminderde HCW/ADT pakket kwalifiseer. Kontak die HCW kantoor vir meer inligting hieroor.

Wat moet u doen om die diens te bekom?
Persone wat belangstel kan die HCW kantoor kontak by:
tel. 021 852 3118 of faks 021 852 7246.

Lidmaatskap van enige ander gewapende reaksiemaatskappy moet nie gestaak word om by HCW aan te sluit nie. HCW bied nie 'n alarm moniteringsdiens aan nie.

Contact us today to prevent crime from happening to youKontak ons vandag om misdaad te help bekamp en sodoende ons strate en woonbuurte veiliger te maak.
Home
Tuis
Contact Us
Kontak Ons
www.hcw.org.za

Verhoging van ledegeld

Neem asseblief kennis dat die HCW ledegelde vanaf
1 April 2008 verhoog na R85,00 per maand.

Met die stygende brandstofpryse en salarisaanpassings vir sekuriteitspersoneel is HCW daartoe genoodsaak om ledegeld voortaan jaarliks aan te pas.
(Die vorige verhoging was in Desember 2003)


Crime Links  Verwante Skakels
 Business Against Crime
 Community Police Forums
 CrimeLine SA

Protecting the Helderberg Residents Home | About Us | Services | Contact us | About Us (Afr)
Contact us (Afr) | Documents | News| Report a Crime Incident
Helderberg Crime Statistics 2006/2007

 Copyright © 2006 - 2007 Helderberg Community Policing®

Website design and support: PathFinder Strategic Resources